Akkommodasie

Aflaaibare Dokumente

Volg die skakels hieronder vir meer inligting.

Huis Eikelaan Inligtingstuk Huis Eikelaan Tariewe


Akkommodasie

Huis Eikelaan Behuisingstrust bied die volgende

Vrygesel tot 2 Slaapkamer eenhede – selfversorgende bejaardes vanaf 60 jarige ouderdom kwalifiseer. Selfversorgend behels dat die aansoeker nog fisiek in staat moet wees om :

1. medikasie self korrek te hanteer volgens doktersvoorskrifte ;

2. nog self te kan stort, skoon aantrek, persoonlike higiëne en versorging moet dus op standaard wees ;

3. in ‘n ligte mate nog ‘n huishouding waar te neem, maw self skottelgoed te was, ligte maaltye voor te berei, wasgoed versorg om na wassery te gaan en behoorlike toesig en kontrole oor skoonmaker uit te oefen,

4. waar moontlik deel te neem aan die onderskeie aktiwiteite ;

5. eie inkopies en banksake te kan doen waar nodig, of met die hulp van familie ;

6. afsprake na haarkappers, dokters ens te maak en na te kom ;

7. sonder fisiese bystand van iemand in die wooneenheid oor die weg kan kom ;

’n Aansoeker sal deur ’n paneel van Huis Eikelaan geëvalueer word, waar bepaal sal word of ’n persoon aan vereistes voldoen. Die paneel bestaan uit die bestuurder, geregistreerde verpleegkundige, maatskaplike werker en huismoeder.

Behuisingsdienste

a. Skoonmaak van die woonstel 2 x per week. Diensbeurte wissel na gelang van die grootte van die wooneenheid (2.25 – 4 ure per week). ‘n Lys van take word voorsien.

b. Geen privaat werkers of versorgers word op die terrein toegelaat nie.

c. Wasgoed word 1 x per week afgehaal, gewas, gestryk en weer afgelewer. Alle wasgoed moet duidelik gemerk wees met die woonstelnommer.

d. Grasperke word gesny. Inwoners is welkom om nog self hul tuine te versorg.

e. Elke wooneenheid is toegerus met ‘n interkom wat direk skakel met die kantoor of na-ure met die Versorgingseenheid in geval van nood.

Elke wooneenheid is toegerus met ’n stoof en bejaardes kan self nog maaltye voorberei, alhoewel ons sal aanbeveel dat inwoners ten minste 1 – 3 x per week in die eetsaal eet. Die prosedure vir etes is: bejaarde betaal jaarlikse ledegeld aan die Dienssentrum vir Bejaardes. Kostes is op die pryslys gelys. Rekeninge sluit teen die 24ste van elke maand en is daarna betaalbaar by die kombuis. Etes moet vroegtydig bespreek word met die kombuis. In die geval van nood of siekte kan middagetes na die woonstel geneem en die bed soggens opgemaak word teen ’n fooi.