Fasiliteite

Aflaaibare Dokumente

Volg die skakels hieronder vir meer inligting.

Huis Eikelaan Inligtingstuk Huis Eikelaan Tariewe


Fasiliteite

Huis Eikelaan Behuisingstrust bied die volgende

Kliniekdienste

Indien 'n akute of chroniese toestande bv. Bloeddruk of diabetes ens. ontstaan of bestaan is ’n kliniekdiens beskikbaar (eerste fase mediese diens). Dit behels die volgende:

a. Bloeddrukmeting 2 x per week;

b. Voeteversorging volgens afsprake;

c. Persoonlike konsultasies / voorligting tov mediese toestande, medikasies ens;

d. Inspuitings en ander algemene mediese sorg soos behoefte ontstaan;

e. In geval van ‘n noodsituasie in die wooneenheid is daar 24 uur verpleegpersoneel (bedags in die kliniek en na-ure in die Versorgingseenheid) aan diens om sodanige gevalle te hanteer;

f. Waar nodig kan die kliniekpersoneel ook daaglikse medikasiehantering asook tydelike hulp met storte en aantrek bied teen ‘n vasgestelde fooi;

g. Gereelde mediese evaluering.

Maatskaplike diens

’n Maatskaplike werker is soggens beskikbaar vir maatskaplike probleme en gevalle.

Vervoer

Inwoners word 2 x per week na inkopiesentrums en waar nodig volgens afsprake na dokters en hospitale vervoer. Fooie is betaalbaar.

Addisionele Fasiliteite

’n Snoepwinkel, haarkapper en biblioteek is beskikbaar op die terrein.

Verskillende aktiwiteite word aangebied bv mini-gholf, pool, funksies ens.

Eredienste elke Sondag in die kapel asook weeklikse bybelstudies

Fakture tov heffings en huur word aan die einde van die maand aan inwoners gegee en die verskuldigde bedrag word per debietorder verhaal op die 7e van die daaropvolgende maand.

Versorgingseenheid

Tariewe is getoon op pryslys. Inwoners kan tydelik geakkomodeer word bv. vir rehabilitasie na operasie of tydens siektetoestande. In sulke gevalle sal die oornag of dag en nag tariewe geld. Aansoeke om toelating in die Versorgingseenheid word by die Senior-verpleegkundige gedoen en vir meer inligting in die verband kan met haar gekommunikeer word.