Welkom by Huis Eikelaan

‘n Veilige, liefdevolle tuiste vir bejaardes in die hart van Potchefstroom

Fondsinsamelingsnommer:  002-075 NPO

‘n Tuiste waar u tuis voel

Huis Eikelaan is ‘n gevestigde aftreeoord in Potchefstroom onder die voogdyskap van die Gereformeerde Kerke in Potchefstroom. Ons bied meer as net behuising, ons bied ‘n gemeenskap waar bejaardes met waardigheid en omgee leef.

Met ongeveer 235 inwoners en 85 toegewyde personeellede verseker ons dat elke inwoner die aandag, sorg en ondersteuning ontvang wat hulle verdien, liggaamlik, emosioneel, sosiaal én geestelik.

Wat ons bied

Selfsorgbehuising

Ons bied ‘n verskeidenheid gerieflike wooneenhede vir selfversorgde bejaardes ouer as 60 jaar, van vrygeseleenhede tot twee-slaapkamer simplekse met privaat tuine.

Professionele Sorg

Ons Versorgingseenheid huisves tot 55 inwoners met 24-uur toesig deur geregistreerde verpleegkundiges. Van algemene bejaardesorg tot palliatiewe sorg, ons is hier vir u.

Lewenskwaliteit

Geniet pragtige tuine, ‘n aktiewe sosiale kalender, weeklikse eredienste, biblioteek, haarkapper, vervoer en vele meer. Alles ontwerp om u lewe ryk en betekenisvol te hou.

Huis Eikelaan in Syfers

Inwoners

Personeellede

Versorgingseenheid-beddens

Wooneenhede

Ons bied 165 wooneenhede in drie verskillende kategorieë aan sodat elke inwoner ‘n opsie vind wat by hul behoeftes en begroting pas.

Toringblok Woonstelle

Gerieflike, sonnige woonstelle met pragtige uitsigte. Beskikbaar as vrygeseleenhede, een- en twee-slaapkamer opsies. Toeganklik met hysbakke en geskik vir okkupasiereg of huur.

Suidblok Woonstelle

Bekostigbare ooplan woonstelle, ideaal vir enkelpersone. Hierdie eenhede is slegs te huur en geskik vir diegene wat na ‘n eenvoudige, gesellige woonsituasie soek.

Simpleks Meenthuise

Losstaande meenthuise met u eie privaat tuin. Beskikbaar in een- en twee-slaapkamer opsies op okkupasiereg basis, perfek vir diegene wat van buite-lewe hou.

Holistiese Sorg wat saak maak

By Huis Eikelaan glo ons dat ware sorg verder gaan as die fisiese. Ons Versorgingseenheid bied 24-uur professionele verpleging deur geregistreerde verpleegkundiges en opgeleide versorgers, maar ons fokus ook op die emosionele, sosiale en geestelike welstand van elke inwoner.

Vir inwoners in selfsorgeenhede is kliniekdienste daagliks beskikbaar, van bloeddrukmeting en wondsorg tot medikasietoediening en voetsorg.

“Hier by Huis Eikelaan fokus ons nie net op die fisiese versorging nie, maar die holistiese aspek van versorging. Die emosionele, sosiale en geestelike behoeftes van elke inwoner.”