U nuwe tuiste wag vir u
Ons bied 165 gerieflike wooneenhede in ‘n veilige en versorgde omgewing vir bejaardes ouer as 60 jaar.
Behuising wat by u leefstyl pas
By Huis Eikelaan verstaan ons dat elke persoon se behoeftes uniek is. Daarom bied ons drie verskillende tipes wooneenhede aan, sodat elke inwoner ‘n tuiste vind wat reg voel. Al ons eenhede is geleë op ‘n toeganklike, goed onderhoude terrein met lieflike tuine en stap areas.
Vir mediese noodgevalle is ons Versorgingseenheid 24 uur per dag, 7 dae per week beskikbaar.
Toringblok Woonstelle
Ons Toringblok woonstelle is sonnig, gerieflik en maklik toeganklik via hysbakke. Hierdie eenhede bied pragtige uitsigte en is beskikbaar in vrygesel, een- en twee-slaapkamer opsies. Eenhede is beskikbaar op okkupasiereg basis, met ‘n beperkte aantal ook te huur.

Vrygesel (bachelor), een- en twee slaapkamer selfsorg eenhede.

Beskikbaar vir okkupasiereg en slegs beperkte aantal eenhede is te huur.

Geen 2 slaapkamer eenhede is te huur nie.

Gerieflike en sonnige woonstelle.

Maklik en toeganklik met hysbakke.

Pragtige uitsig.

Gastekamers beskikbaar vir familie.
SUIDBLOK WOONSTELLE
Die Suidblok woonstelle is bekostigbare ooplan eenhede, ideaal vir enkelpersone wat van ‘n eenvoudige en gesellige woonopset hou. Hierdie eenhede is slegs te huur en bied goeie waarde in ‘n veilige omgewing

Bekostigbare vrygesel (bachelor) ooplan woonstelle.

Slegs enkele eenhede is groot genoeg vir egpare.

Hierdie eenhede is slegs te huur.
Simpleks Meenthuise
Ons simpleks meenthuise is losstaande eenhede met u eie privaat tuin, ideaal vir diegene wat van buite-lewe en meer privaatheid hou. Hierdie eenhede is slegs beskikbaar op okkupasiereg basis.

Losstaande meenthuise met ‘n eie tuin.

1 en 2 slaapkamer eenhede.

Hierdie eenhede is slegs vir okkupasiereg beskikbaar.

2 slaapkamer eenhede is slegs vir egpare beskikbaar.
Ingesluit by u wooneenheid
Alle inwoners in behuising geniet toegang tot ‘n reeks ondersteuningsdienste wat hul daaglikse lewe geriefliker maak.

Inwoners van behuising kan ook tydelik in die Versorgingseenheid geakkomodeer word vir rehabilitasie na ‘n operasie of tydens ‘n siektetoestand. Oornag en dagtariewe vir inwoners sal dan gehef word. Aansoek om toelating in die Versorgingseenheid word by die Senior Verpleegkundige gedoen en vir meer inligting in die verband kan met haar geskakel word.

Kliniek Dienste wat in wooneenheid gelewer word teen ’n geringe fooi (tariewe lys beskikbaar op aanvraag)..

In die geval van nood word dienste gelewer maar geen fooi word gehef nie.

Maatskaplike werker is soggens beskikbaar vir maatskaplike advies en ondersteuning.

Skoonmaak van die woonstel 2 x per week, diensbeurte wissel na gelang van die grootte van die wooneenheid (2.25 – 4 ure per week). ‘n Lys van take word voorsien;

Wasgoed word 1 x per week afgehaal, gewas, gestryk en weer afgelewer. Alle wasgoed moet gemerk wees met woonstel nr.;

Geen privaat werkers of versorgers word op die terrein toegelaat nie;

Grasperke word gesny en inwoners is welkom om self nog tuine en beddings te versorg.

Elke wooneenheid is toegerus met ‘n stoof en bejaardes kan self maaltye voorberei, alhoewel aanbeveel word dat inwoners ook van die Dienssentrum se etes

Vervoer is beskikbaar 2 x per week na inkopiesentrums en waar nodig en volgens afsprake na dokters en hospitale. ‘n Geringe fooi is betaalbaar.

Haarkapper en biblioteek is beskikbaar.

Verskillende aktiwiteite word aangebied bv. mini-gholf, potspel, kultuurfunksies, breigroep – om maar net ‘n paar te noem

Weeklikse Bybelstudie en eredienste elke Sondag in die kapel.

Huis Eikelaan het ook gasteverblyf beskikbaar teen R150 per persoon per nag vir inwoners se familie, kinders wat graag wil oorbly.

Intekening op groeps- DSTV

Fibre beskikbaar op terrein vir maklike koppeling deur internet diensverskaffer van inwoners se keuse.

Heffing en huur betalings word maandeliks per debietorder verhaal op die 7e van elke maand.
