Professionele Sorg met Waardigheid en Deernis
24-uur verpleging en ondersteuning deur ‘n toegewyde span van geregistreerde verpleegkundiges en versorgers.
Sorg wat verder gaan
By Huis Eikelaan glo ons in holistiese sorg. Dit beteken dat ons nie net na die fisiese gesondheid van ons inwoners omsien nie, maar ook na hul emosionele, sosiale en geestelike welstand. Elke inwoner word as ‘n individu behandel met unieke behoeftes en verdienste.
“Hier by Huis Eikelaan fokus ons nie net op die fisiese versorging nie, maar die holistiese aspek van versorging. Die emosionele, sosiale en geestelike behoeftes van elke inwoner.”
Ons Versorgingseenheid
Ons Versorgingseenheid huisves gemiddeld 50 inwoners en bied 24-uur toesig onder leiding van geregistreerde verpleegkundiges en opgeleide versorgers. Inwoners word in sale of enkelkamers geplaas na gelang van hul mediese en versorgingsbehoeftes. Die leefarea word so persoonlik en huislik as moontlik ingerig.
Ons bied versorgingsvlakke aan wat aangepas word by die individuele behoeftes van elke inwoner, insluitend algemene verswakte bejaardesorg en palliatiewe sorg.
Wat ons mediese span kan doen
Ons opgeleide verpleegkundiges is gekwalifiseer om ‘n reeks komplekse mediese take uit te voer.
Gespesialiseerde Prosedures
Infusie, kataterisering, stoma sorg en tragiostomie sorg word deur ons gekwalifiseerde verpleegkundiges hanteer.
Wond en Buissorg
Omvattende wondsorg en pegbuissorg word daagliks deur ons mediese span gelewer.
Vitale Monitering
Gereelde monitering van bloeddruk, pols, temperatuur en ander vitale data om elke inwoner se gesondheid dop te hou.
Kliniekdienste vir Inwoners in Behuising
Inwoners wat in selfsorgeenhede woon, het ook toegang tot professionele mediese ondersteuning in hul eie wooneenhede. Kliniekpersoneel besoek inwoners daagliks om na hul welstand te verneem.
Dienste sluit in:

Waar nodig kan die kliniekpersoneel daaglikse dienste soos was, stort, aantrek, bed opmaak en medikasietoediening teen ’n geringe fooi lewer.

Gereelde mediese evaluering.

Bloeddrukmeting 2 x per week;

Inspuitings en ander algemene mediese sorg soos behoefte ontstaan;

Ore irrigasie

Vitale Data (monitering van bloeddruk, pols, temperatuur, ens.)

Nael- en Voetsorg

Maatskaplike ondersteuning.

24 UUR NOOD bystand is beskikbaar – met paniek knoppie in wooneenheid

Kundiges soos gehoor terapeute word ook gereeld genooi om inwoners by te staan.
