Wie is Huis Eikelaan?

Meer as drie dekades van omgee, gemeenskap en gehalte lewe in Potchefstroom.

Ons Verhaal

Huis Eikelaan is ‘n gevestigde aftreeoord onder die voogdyskap van die Gereformeerde Kerke in Potchefstroom. Ons bestaan sedert 1992 en het oor die jare gegroei tot ‘n lewendige gemeenskap van meer as 235 inwoners wat tuis voel in ‘n veilige, versorgde omgewing.

Ons is geregistreer as ‘n Liefdadigheidsbehuisingstrust (NPO nr. 002-075) en word bestuur deur ‘n toegewyde Raad van Trustees.

Ons Geskiedenis

Die oord het in die middel 1980’s tot stand gekom.

Die oorspronklike Klooster kompleks is in 1904 in gebruik geneem onder toesig van die “Convent of the Sacred Heart” en het gefunksioneer tot 1973.  Die PU vir ChO het die kompleks gebruik as ’n Universiteitskoshuis genaamd “Klooster” vanaf 1973 tot 1981. In 1983 het die Gereformeerde kerke in Potchefstroom ’n Raad van Trustees aangestel om navorsing te doen om ’n aftreeoord te vestig.  In 1984 is die grond en geboue van die Rooms Katolieke kerk aangekoop. Onder leiding van prof Schalk Duvenhage is ’n proses begin om die terrein wat baie verwaarloos was te ontwikkel. In 1986 is die eerste simplekse gebou en verkoop. Daarna is die proses begin om die Toringblok woonstelle te bou.  In 1992 is “Huis Eikelaan” amptelik in gebruik geneem.

Ons Raad van Trustees

Huis Eikelaan word gelei deur ‘n toegewyde span van trustees en ‘n ervare bestuurder.

Mnr N J Spaumer (Voorsitter), Ds P J van der Walt (Ondervoorsitter)/ Mev E van der Walt, Mev G Claassen, Mnr M W J de Jager, Mnr L P van der Walt, Mnr J C Jansen van Ryssen, Prof G J Pienaar, Bestuurder: Mnr F J du Preez

Die mense agter Huis Eikelaan

Mediese Personeel Geregistreerde verpleegkundiges en opgeleide versorgers wat 24-uur sorg en ondersteuning bied.

Ondersteuningsdienste Maatskaplike werkers, administratiewe personeel en instandhoudingspanne wat daagliks die verskil maak.

Gemeenskapsbouers Van die tuinpersoneel tot die skoonmakers, elke personeellid dra by tot ‘n warm en versorgde omgewing vir ons inwoners.