Tariewe en Aansoeke

Deursigtige tariewe en ‘n eenvoudige aansoekproses om u op pad te sit na u nuwe tuiste.

Ons Tariewe

Huis Eikelaan bied bekostigbare tariewe vir al drie tipes wooneenhede asook vir die Versorgingseenheid. Ons tariewe word jaarliks hersien en is alles-insluitend vir die dienste wat by elke eenheid aangebied word.

Laai ons tariewedokument af vir ‘n volledige oorsig van alle koste, insluitend huur, okkupasiegeld en kliniekdienste.

Heffing en huurbetalings word maandeliks per debietorder op die 7de van elke maand verhaal.

Hoe om Aansoek te Doen

Laai die Aansoekvorm Af

Laai ons aansoekvorm af en voltooi dit volledig. 

Voltooi die Vorm

Maak seker dat alle afdelings volledig en korrek ingevul is.

Dien u Aansoek In

Stuur u voltooide vorm per e-pos of bring dit persoonlik by ons

Betaal die Aansoekfooi

‘n Eenmalige aansoekfooi van R250 is betaalbaar by indiening van u aansoek.

Belangrike Inligting oor die Waglys

Vanweë die groot aanvraag vir wooneenhede by Huis Eikelaan is daar tans ‘n waglys. Ons moedig belangstellendes aan om so vroeg as moontlik aansoek te doen. ‘n Paneel van Huis Eikelaan sal elke aansoeker evalueer om te bepaal in watter eenheid ons die aansoeker die beste sal kan bystaan. Die reg van plasing word voorbehou.

Okkupasiereg :

Dit is ‘n reg om teen betaling van die ooreengekome okkupasiegeld ‘n eenheid in HUIS EIKELAAN, soos deur die trustees toegewys, vry van huurgeld te bewoon en te okkupeer, onderhewig aan die kwalifikasie dat fisiese bewoning en okkupasie tot afgetrede bejaardes, 60 jaar en ouer, volgens diskresie van die trustees beperk is.    Die reg van okkupasie is nie ‘n saaklike reg nie maar wel ‘n PERSOONLIKE REG wat aan ‘n bepaalde OKKUPEERDER deur die EIKELAAN TRUST toegestaan word.   Hierdie persoonlike reg is sinoniem met die persoonlike regte waarna verwys word in die Registrasie van die Aktes Wet no 47 van 1937 en is nie registreerbaar in enige Akteskantoor of in enige vorm teen die titelbewus van die vaste eiendom van EIKELAAN TRUST nie.